Stad Kaapstad reik boetes uit vir gekaapte geboue

Die Stad Kaapstad het die Openbare Werke departement beboet na herhaalde pogings om toestande by twee gekaapte persele wat die regering besit, op te ruim. Die persele is in Keizersgracht in Distrik Ses, en Jan Smutsrylaan in Maitland. Albei eiendomme is amptelik as probleemgeboue verklaar. Die burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê kennisgewingborde is opgerig wat die publiek inlig oor die stad se optrede.