Mbumba vra droogtehulp, geld van ander lande

President Nangolo Mbumba is op besoek aan die Noorde. Hy het by die jaarlikse Omagongo-fees hulde gebring aan stigterspresident Sam Nujoma, en sê hy is ‘n kampvegter en verdediger van kulturele norme en waardes in die land. Mbumba het ook gepraat oor die droogtesituasie en ‘n beroep op ander lande gedoen om Namibië by te staan. Hy sê die land het kos en water nodig, en geld om meer boorgate te boor sal ook waardeer word.