Oorlogsveterane kry N$861,3m – het vryheid gebring

Die Namibiese Ministerie van Verdediging het 861,3 miljoen Namibiese doller opsygesit om veterane van die vryheidstryd, en hulle afhanklikes in die huidige finansiële jaar te versorg. Die Minister, Frans Kapofi sê die belangrikheid van oorlogsveterane kan nie oorbeklemtoon word nie en dit is almal se verantwoordelikheid om hulle te versorg. Hy sê hulle het vrede en demokrasie aan Namibië gewaarborg. Die toelaes dek maandelikse pensioen, kostes verbonde aan begrafnisse, wat grafstene insluit, opleiding, mediese bystand en berading.