Spelers vlug van IPL

Vier spelers het reeds hulle Indiese Premiersliga-spanne verlaat te midde van ‘n skerp styging in Covid-19-gevalle in Indië. Hulle is die Australiërs Adam Zampa, Kane Richardson en Andrew Tye, terwyl die Suid-Afrikaanse draaibouler Ravi Ashwin ook aangekondig het hy gaan huis toe om sy gesin te ondersteun. Daar word berig dat nog ‘n Aussie, Pat Cummins, ander spelers gevra het om ook finansieel by te dra om Indië se hospitale te help om die instroming van pasiënte te hanteer. Hy het meer as 555-duisend-Namibiese doller beloof.