Norma laat aap uit die mou

Die voormalige Suid-Afrikaanse Minister Malusi Gigaba het sy aansoek verloor om te verhoed dat sy vervreemde vrou, Norma Mngoma, voor die staatskapingskommissie getuig. Mngoma het reeds getuig oor hoe Gigaba kontant en voordele by die Gupta-familie ontvang het. Hierdie gunste sluit glo ‘n betaling van 5 miljoen Namibiese doller vir hul troue in sowel as ‘n luukse motor en juweliersware. Mngoma het besonderhede gegee oor hoe finansiële aansporings tussen 2010 en 2014 haar vervreemde man se besluite as destydse Minister van Openbare Ondernemings beïnvloed het. Gigaba het ontken dat hy op die Guptas se betaalstaat was.