Gee die mense hulle grond!

‘n DA-lid van die Wes-Kaapse wetgewer sê geregtigheid is lank genoeg weerhou van begunstigdes wat tussen 1995 en 1998 aansoek gedoen het vir die herstel van grondregte en dit is dringend nodig dat enige verdere vertragings ondersoek en daar opgetree word. Mathlodi Maseko sê die wetgewer wil hê die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling moet hulle inlig oor waarom hulle nie op die vasgestelde sperdatum in Mei die wooneenhede in die nuwe Distrik Ses-ontwikkeling in Kaapstad gaan oorhandig nie: