Unam steeds onoorwonne in NRU Premierliga

Rugby: Unam behou hul status as logleiers en die enigste onoorwonne span in die Namibiese Rugbyunie se Premierliga, ná hul tuisoorwinning van 57-11 teen Western Suburbs. Wanderers het hul wegwedstryd teen Rehoboth met 45-31 gewen. Op Swakopmund het United nog ‘n groot nederlaag van 57-5 aan die Dolphins opgedis. Reho Falcon het ‘n ietwat onverwagte oorwinning van 19-17 teen Grootfontein in Grootfontein behaal. Die wedstryd is vroeg afgelas nadat een van Grootfontein se spelers die skeidsregter, Oscar Lambert, met ‘n vlieënde duikslag grond toe gebring het. Wanderers se afrigter, Dirk Human, het meer oor Wanderers se wedstryde.