Geen heining sal opgerig word by Angolese grens nie

Die beplande heining tussen Namibië en Angola is te duur en sal nie opgerig word nie. Die Kabinet het die heining reeds in 2015 goedgekeur in ‘n poging om die grens tussen Namibië en Angola te versterk en so, beter beheer oor bek- en klouseer in die noordelike gebied van die land te verseker. Die heining, ‘n draad, sou die oorgrens beweging van diere beheer het. Intussen het die Namibiese Vleisraad gesê ‘n veearts is aangestel om opsies te ondersoek en daar is bevind dat in die korttermyn kommoditeitsgebaseerde handel toegepas sal word. Dit beteken ‘n produk word geprosesseer om veilige handel toe te laat. Met die huidige infrastruktuur is dit die beste opsie. In die langtermyn sê die Vleisraad sal ‘n siektevrye-sone oorweeg word.