Pensioenarisse verwerp GIPF se 5% verhoging as ‘belediging’

Die Staatsinstellings Pensioenarisse-vereniging in Namibië, Gipan, het die vyf persent jaarlikse pensioenverhoging deur die Staatsinstellings Pensioenfonds, GIPF, ten sterkste verwerp. Die vereniging se voorsitter, Raphael Pieters, voer aan dat die verhoging 0,46 persent minder is as in die vorige boekjaar. Hy betreur die gebrek aan betrokkenheid tussen pensioenarisse en die pensioenfonds se bestuur. Pieters eis verteenwoordiging van pensioenarisse op die fonds se raad om hul belange te beskerm. Pieters is aan die woord.