Imran Khan blameer die VSA vir wantroue

Pakistan se eerste minister, Imran Khan, sê die pogings om hom uit die kussings te lig kom neer op ‘n regime-verandering met die steun van die Verenigde State. Die voormalige krieketkaptein staar vandag ‘n stewige mosie van wantroue in die gesig wat hom kan uitdryf, ná partye uit sy regerende koalisie oorgeloop het. Die Withuis […]

Read More

Skurftesiekte onder beheer – ministerie

Die gesondheidsdirekteur van die Ohangwena-streek, John Hango, sê 5 000 inwoners, leerders ingesluit, is vir skurftesiekte in die streek behandel. Hango sê mediese uitreikspanne is na nedersettings en skole ontplooi om behandeling en inligting te verskaf. Hulle kan egter nie by alle skole uitkom nie. Die streek se onderwysdirektoraat sê al hoe meer leerders word […]

Read More

Noordwes, met sy swak dienslewering, gee derde van begroting terug

Kommentators het met skok gereageer op die nuus dat die Noordwes-provinse ‘n derde van sy begroting aan die Nasionale Tesourie moet terugbetaal. Die  provinsie, wat een van die swakste diensleweringsrekords in die land het, staan op die punt om 17 miljard Suid-Afrikaanse rand van ‘n totale gesamentlike begroting van 57,4 miljard miljard terug te gee […]

Read More

VN-aanklaer sê Rusland, Oekraïne het oorlogmisdade gepleeg

Die voormalige hoofaanklaer van die Verenigde Nasies se oorlogsmisdaadtribunaal vir die voormalige Joego-Slawië en Rwanda het gevra dat ‘n internasionale arrestasiebevel uitgereik word vir Russiese President Vladimir Putin. Volgens Carla Del Ponte is Putin ‘n oorlogsmisdadiger. Sy sê sy is veral geskok oor die gebruik van massagrafte in Rusland se oorlog teen die Oekraïne, wat […]

Read More

Guterres dra warm wense oor aan Moslems tydens Ramadan

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, stuur sy beste wense aan Moslems regoor die wêreld wat aan die begin van die heilige maand van Ramadan staan. Guterres sê volgens die Koran moet nasies van mekaar leer en saam ‘n vredevolle wêreld bou. Hy sê dit is ‘n tyd vir deernis en empatie en […]

Read More

Nuwe studie toon ivermektien werk nie vir Covid nie

Die Namibiese gesondheidsministerie het 87 nuwe Covid-gevalle bevestig waarvan 68 leerders van die Concordia Sekondêre Skool is. Volgens die ministerie is 80 van die nuwe gevalle nie ingeënt in. Gevalle het plaaslik baie skerp gedaal van net meer as 13 000 aktiewe gevalle vroeg in Januarie tot 179 wat tans bevestig is. Intussen het ‘n […]

Read More

Miljarde nodig om handboeke in Oos-Kaap te vervang

Die DA in die Oos-Kaap sê om alle handboeke te vervang, sal die provinsiale Departement van Onderwys ongeveer 2,5 miljard Suid-Afrikaanse rand kos. Daar is nie hiervoor begroot nie. Yusuf Cassim van die DA sê weens die drastiese begrotingsbesnoeiings wat op skole afgedwing is, sal dit ongevulde bestellings vir bykomende handboeke steeds nie ‘n handboek […]

Read More

Trump sê Biden se gesondheid verswak

Oudpresident Donald Trump het by ‘n politieke byeenkoms in Michigan gesê dat President Joe Biden se fisieke en geestelike gesondheid versleg, nes die toestand van die hele land. Hy sê daar is niks wat enigiemand aan Biden se toestand kan doen nie maar, wel aan die land se toestand, en dit, by die stembus. Volgens […]

Read More

Bulle seëvier 34-16 oor Ulster

Die Bulle het vier drieë gedruk om met 34-16 op Loftus in die Verenigde Kampioenskap teen die Ierse reuse Ulster te wen. Op Ellispark het die Leeus ‘n vierde agtereenvolgende tuis-oorwinning ingepalm toe hulle Edinburgh met 15-9 geklop het. Die Stormers se wen-seges op hul tuisveld staan nou op vyf in ‘n ry nadat hulle […]

Read More

Bouwerk begin op Khan-sonkragaanleg

NamPower het die konstruksie van die Khan-sonkragfotovoltaïese kragsentrale van stapel gestuur. Die projek word ontwikkel deur die onafhanklike kragprodusent Access Aussenkehr Solar One Namibia en word in die Erongo-streek opgerig. Die aanleg sal ‘n maksimum kapasiteit van 20 megawatt hê en sal ongeveer 300 miljoen Namibiese dollar kos. Ongeveer 33 000 sonpanele sal op 16 […]

Read More