Nuwe studie toon ivermektien werk nie vir Covid nie

Die Namibiese gesondheidsministerie het 87 nuwe Covid-gevalle bevestig waarvan 68 leerders van die Concordia Sekondêre Skool is. Volgens die ministerie is 80 van die nuwe gevalle nie ingeënt in. Gevalle het plaaslik baie skerp gedaal van net meer as 13 000 aktiewe gevalle vroeg in Januarie tot 179 wat tans bevestig is. Intussen het ‘n goudstandaard-proef wat in die New England Journal of Medicine gepubliseer is, getoon dat ivermektien nie doeltreffend teen Covid werk nie. In Brasilië is 3 515 pasiënte met ivermektien een keer per dag vir drie dae behandel en vier weke later kon die teenparasietmiddel nie lei tot ‘n laer koers van hospitalisasie nie. Die middel is gewild onder konserwatiewe kommentators en mense teen die Covid-entstof.