Trump sê Biden se gesondheid verswak

Oudpresident Donald Trump het by ‘n politieke byeenkoms in Michigan gesê dat President Joe Biden se fisieke en geestelike gesondheid versleg, nes die toestand van die hele land. Hy sê daar is niks wat enigiemand aan Biden se toestand kan doen nie maar, wel aan die land se toestand, en dit, by die stembus. Volgens Trump sal Biden se ampstermyn beskryf word as ‘n skande vir Amerika se reputasie. Hy sê geskiedkundiges sal hierdie tydperk in die VSA aanteken as ‘n katastrofiese laagtepunt.