Bouwerk begin op Khan-sonkragaanleg

NamPower het die konstruksie van die Khan-sonkragfotovoltaïese kragsentrale van stapel gestuur. Die projek word ontwikkel deur die onafhanklike kragprodusent Access Aussenkehr Solar One Namibia en word in die Erongo-streek opgerig. Die aanleg sal ‘n maksimum kapasiteit van 20 megawatt hê en sal ongeveer 300 miljoen Namibiese dollar kos. Ongeveer 33 000 sonpanele sal op 16 hektaar opgerig word. Die krag wat by Khan opgewek word, sal ingevolge ‘n 25-jaar kragkoopooreenkoms aan NamPower verkoop word. Die projek is in ooreenstemming met Namibië se energiebeleid om 70 persent van sy elektrisiteit uit hernubare bronne op te wek.