Skurftesiekte onder beheer – ministerie

Die gesondheidsdirekteur van die Ohangwena-streek, John Hango, sê 5 000 inwoners, leerders ingesluit, is vir skurftesiekte in die streek behandel. Hango sê mediese uitreikspanne is na nedersettings en skole ontplooi om behandeling en inligting te verskaf. Hulle kan egter nie by alle skole uitkom nie. Die streek se onderwysdirektoraat sê al hoe meer leerders word geraak met tot dusver meer as 2 000 leerders. Die uitvoerende direkteur in die gesondheidsministerie, Ben Nangombe, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die situasie is onder beheer.