Noordwes, met sy swak dienslewering, gee derde van begroting terug

Kommentators het met skok gereageer op die nuus dat die Noordwes-provinse ‘n derde van sy begroting aan die Nasionale Tesourie moet terugbetaal. Die  provinsie, wat een van die swakste diensleweringsrekords in die land het, staan op die punt om 17 miljard Suid-Afrikaanse rand van ‘n totale gesamentlike begroting van 57,4 miljard miljard terug te gee omdat sy departemente nie die geld kon bestee nie. Hierdie onvermoë van die provinsiale regering, wat weens swak bestuur onder administrasie was, om ‘n derde van sy begroting te bestee, het miljoene van die provinsie se burgers in ernstige nood gelaat.