Bulle seëvier 34-16 oor Ulster

Die Bulle het vier drieë gedruk om met 34-16 op Loftus in die Verenigde Kampioenskap teen die Ierse reuse Ulster te wen. Op Ellispark het die Leeus ‘n vierde agtereenvolgende tuis-oorwinning ingepalm toe hulle Edinburgh met 15-9 geklop het. Die Stormers se wen-seges op hul tuisveld staan nou op vyf in ‘n ry nadat hulle die Ospreys met 29-13 op die Kaapstad-stadion verslaan het. Die Haaie het die Dragons Vrydag in Durban met 51-3 afgeransel.