Wynmakers gevier by Kaapse fees

Vir Suid-Afrikaanse wynliefhebbers bied Februarie nog rede om fees te vier omdat dit ook die maand is waarin die begin van die Suid-Afrikaanse wynbedryf 363 jaar gelede herdenk word. Dit is ook die maand waarin die druiwe geoes word waarmee die seisoen se wyn gemaak word. Die voorsitter van Groot Constantia, Ernest Messina, sê betekenisvolle […]

Read More

Olieprys: Taxi-operateurs is sat

Die Namibiese Bus- en Taxi-vereniging, se sekretaris-generaal, Pendapala Nakathingo, sê as brandstofpryse aanhou styg, het hul lede nie ‘n ander keuse as om relevante rolspelers te nader oor die styging van bus- en taxi-fooie nie. Volgens openbare vervoeroperateurs op die grond, kan hulle nie meer hul begrotings laat klop nie, want brandstof word net duurder […]

Read More

MTC se aandele sukkel maar dis geen verrassing nie

Daar was groot opgewondenheid oor die notering van MTC op die plaaslike effektebeurs en die aandeel het gestyg, na 8 dollar 90 toe maar het nou teruggesak na 8 dollar 24 toe. Volgens die stigter van High Economic Intelligence, Salomo Hei, was dit te verwagte maar, hy voeg by, die aandele gaan nie die inkomste […]

Read More

Masha die beer moet wag, daar’s oorlog

‘n Oos-Kaapse wildlewe-redder, Lionel de Lange, sê sy tasse is gepak en sy paspoort gereed om met die eerste geleentheid van die oorloggeteisterde Oekraïne huis toe te kom. Sy projek om ‘n dier daar te verskuif, kan vir eers nie voortgaan nie. Hy het Maandag na Oekraïne gevlieg as deel van ‘n projek om ‘n […]

Read More

Kan Navo die Oekraïne bystaan met troepe?

Die president van die Oekraïne, Volodymyr Zelensky, sê hulle staan alleen teen die mag van Rusland. Die land se weermag verkeer onder erge druk en alle manlike landsburgers tussen die ouderdom van 18 en 60 is verbied om die land te verlaat. Kosmos 94.1 Nuus het met die politieke kenner professor Andre Duvenhage gepraat oor […]

Read More

Zelensky pleit by EU vir strenger sanksies

Die president van Oekraïne, Volodymyr Zelensky, het by die Europese Unie gepleit om strenger sanksies teen Rusland in te stel. Die groep het Moskou nog nie met ‘n volle aanslag van strafmaatreëls getref nie. Moskou het intussen alle vliegtuie, insluitende oorgangvlugte van die Verenigde Koninkryk sy lugruim verbied nadat sy vlagskipdraer Aeroflot verbied is om […]

Read More

SA-vrugteboere gee samewerking met nuwe ooreenkoms

Vername belanghebbendes in die Suid-Afrikaanse vrugtebedryf het onderneem om saam te werk deur die nuut-geformuleerde maatskaplike ooreenkoms vir die bedryf te aanvaar. Die Departement Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling sê die doel van die ooreenkoms is om maatskaplik-ekonomiese groei in die bedryf te verseker ooreenkomstig die riglyne van die Nasionale Ontwikkelingsplan. Die belanghebbendes het hulle […]

Read More

Florin hoor eers oor ‘n week

Thomas Florin sal volgende week Vrydag weet of sy aansoek om vrylating, wat hy reeds as ‘n dringende aansoek in 2020 gebring het, suksesvol was of nie. Florin is in Desember 1999 skuldig bevind aan die moord van sy vrou Monica in Junie 1998. Die moord het groot opslae gemaak omdat hy haar oorskot gekook […]

Read More

NLU se skaapwaardeketting-studie amper voltooi

Die Namibiese Landbou-unie sê die studie oor die skaapwaardeketting wat deur die Lewendehawe Produsente Organisasie saam met Hartlief onderneem is, is byna gefinaliseer. Die studie toon definitiewe geleenthede vir internasionale markte as ’n aanvullende bemarkingsalternatief tot die bestaande Noorweegse mark. Die geleentheid is dus daar, maar heelwat uitdagings sal te bowe gekom moet word om […]

Read More

Selfs die vervoer van die olie is duurder

Olietenkskepe se tariewe styg wêreldwyd terwyl handelaars sukkel om kommer oor moontlike ontwrigting in Russiese voorrade die hoof te bied. Daar is ook verhoogde versekeringpremies vir skepe wat die Middellandse-see benut as gevolg van oorlogsrisiko’s. Maar, die probleem eindig nie daar nie. Skeepseienaars worstel ook met hoër brandstofkoste om die olie te vervoer. Wêreldwyd is […]

Read More