Guterres dra warm wense oor aan Moslems tydens Ramadan

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, stuur sy beste wense aan Moslems regoor die wêreld wat aan die begin van die heilige maand van Ramadan staan. Guterres sê volgens die Koran moet nasies van mekaar leer en saam ‘n vredevolle wêreld bou. Hy sê dit is ‘n tyd vir deernis en empatie en ‘n tyd vir besinning en vir leer: