Imran Khan blameer die VSA vir wantroue

Pakistan se eerste minister, Imran Khan, sê die pogings om hom uit die kussings te lig kom neer op ‘n regime-verandering met die steun van die Verenigde State. Die voormalige krieketkaptein staar vandag ‘n stewige mosie van wantroue in die gesig wat hom kan uitdryf, ná partye uit sy regerende koalisie oorgeloop het. Die Withuis ontken Amerika probeer Khan van sy mag ontneem.