Geen rus vir Brentprys nie

Brent ru-olie het vanoggend weer tot bo 105 Amerikaanse dollar ‘n vat gestyg, as gevolg van kommer oor voorraad. Die verligting wat President Joe Biden se aankondiging oor dye vrystelling van 180 miljoen vate oor die volgende ses maande was van korte duur. Daar is steeds geen teken van ‘n ooreenkoms met Iran nie en die oorlog […]

Read More

Itula besoek Geingob, sê hul het hul lot in gemeen

Die leier van die Independent Patriots for Change, Panduleni Itula het vanoggend ‘n hoflikheidsbesoek by President Hage Geingob afgelê. Die party het op Onafhanklikheidsdag hul 2024-veldtog van stapel gestuur. Itula sê hy en Geingob het die verlede en hul lot in gemeen…

Read More

Rooi sari verhoed dodelike treinongeluk

‘n Indiër-vrou het ‘n katastrofe afgeweer toe sy haar rooi sari op ‘n treinspoorlyn gewaai het om die drywer van ‘n aankomende trein te waarsku oor ‘n onderbreking in die treinspoor. Die drywer het die kledingstuk raakgesien en die trein met tussen 150 en 200 passasiers net betyds gestop. Die voorval het in Uttar Pradesh plaasgevind. Die vrou, Omvati Devi, sê […]

Read More

Sacramento-polisie ondersoek massa-skietery

Meer inligting is bekend oor die massa-skietery in Sacramento, Kalifornië. Ses mense is dood en 12 is beseer. Die stad se polisiehoof, Katherine Lester, het op ‘n nuuskonferensie gesê ‘n groot bakleiery het blykbaar net voor die skietery uitgebreek en hul maak staat op ooggetuies om inligting te bekom.

Read More

Vandalisme neem toe, daar is kommer

Toenemende vandalisme veroorsaak baie skade in Namibië. Vrydag was MTC se dienste vir ‘n geruime tyd in die Noorde opgeskort as gevolg van vandalisme en verlede maand, was groot dele van Tsumeb sonder krag, ook as gevolg van vandalisme. Volgens Charlie Matengu, die woordvoerder van Cenored, wat die kragvoorsiening in die sentraal-noorde doen, sien hulle […]

Read More

SA-spanne verbeter op die punteleer

Die vier Suid-Afrikaanse spanne het weer hul posisie op die Verenigde Rugbykampioenskap se punteleer verbeter, na nog ‘n ronde waarin hulle al hul plaaslike wedstryde gewen het. Die Haaie het die Dragons in Durban verpletter met 51-3. Die Bulle het Ulster in Pretoria met 34-16 geklop en die Leeus het in Johannesburg met Edinburgh afgereken met 15-9. Die Stormers het die Ospreys in […]

Read More

Radio bly belangrikste nuus bron in Afrika

Navorsing deur Afrobarometer wat in 34 Afrika-lande tussen 2019 en 2021 uitgevoer is, toon dat radio die mees gewilde bron vir nuus is met 68 persent van respondente wat sê hulle gebruik dit ‘n paar keer ‘n week en 45 persent wat sê hulle gebruik dit daagliks. Net minder as 55 persent sê hulle kyk tv-nuus ‘n […]

Read More

Zelensky maak dramatiese beroep by die Grammy’s

Die president van die Oekraïne Volodymyr Zelensky het ‘n dramatiese video-verskyning by die pas-afgelope Grammy-musiektoekennings in Las Vegas gemaak. Hy was weer geklee in sy nou bekende weermag-groen t-hemp.

Read More

Staatsrede: Dis wat om te verwag

President Hage Geingob sal Woensdag middag sy staatsrede vir die jaar voor die twee huise van die Nasionale Vergadering lewer. Geen groot aankondigings, van byvoorbeeld verhogings in toelae word verwag nie omdat die heersende ekonomiese toestande dit nie toelaat nie. Daar word wel verwag dat President Geingob melding sal maak van vordering met die groen-waterstof […]

Read More

Kommer oor stand van sake by skole

Daar is groot kommer oor die stand van sake in Namibië se openbare skole. Daar word berig dat 10 000 leerders jaarliks skool verlaat en dat ‘n skokkende 89 persent van die skole in die land toegang tot watervoorsiening het maar nie oor basiese sanitasie, elektrisiteit en internet beskik nie. Die jeugadviseur in die Presidensie, Daisry Mathias sê die […]

Read More