SA-spanne verbeter op die punteleer

Die vier Suid-Afrikaanse spanne het weer hul posisie op die Verenigde Rugbykampioenskap se punteleer verbeter, na nog ‘n ronde waarin hulle al hul plaaslike wedstryde gewen het. Die Haaie het die Dragons in Durban verpletter met 51-3. Die Bulle het Ulster in Pretoria met 34-16 geklop en die Leeus het in Johannesburg met Edinburgh afgereken met 15-9. Die Stormers het die Ospreys in Kaapstad gewen met 29-13. Die Stormers is nou in die sesde plek op die punteleer, die Bulle sewende, die Haaie agtste en die Leeus is in die 12de plek.