Kommer oor stand van sake by skole

Daar is groot kommer oor die stand van sake in Namibië se openbare skole. Daar word berig dat 10 000 leerders jaarliks skool verlaat en dat ‘n skokkende 89 persent van die skole in die land toegang tot watervoorsiening het maar nie oor basiese sanitasie, elektrisiteit en internet beskik nie. Die jeugadviseur in die Presidensie, Daisry Mathias sê die tekorte is ‘n bedreiging vir opvoeding. Tienerswangerskappe is ook ‘n uitdaging en die VN sê dat amper 20 persent van Namibiese meisies tussen die ouderdom van 15 en 19 jaar het reeds geboorte geskenk aan een kind.