Rivier-vlakke by Ruacana verbeter weer

Die vlakke van die Kunene-rivier by die Ruacana hidroëlektriese aanleg verbeter steeds. Op die oomblik word vloei van 334,5 kubieke meter per sekonde aangeteken. Dit is ‘n verbetering op die vlakke van 268,8 kubieke meter per sekonde wat op 7 April aangeteken is en baie beter as die skamele 47,6 kubieke meter per sekonde op 1 Maart. […]

Read More

Data-invordering op gestremdes begin

Die Duitse Gemeenskap vir Internasionale Samewerking, die GIZ het kragte saamgesnoer met die Nasionale Federasie van Mense met Gestremdhede van Namibië om ‘n vennootskap te vorm om bewustheid te kweek oor die belangrikheid van data oor die gemeenskappe. ‘n Mediabewusmakingsveldtog word gehou en die bekendstelling is vanoggend. Orben Muluti, waarnemende sekretaris-generaal van die federasie het […]

Read More

Positiewe uitkyk vir SA, sê Bank van Amerika, maar…

Die Bank van Amerika het ‘n positiewe ekonomiese uitkyk vir Suid-Afrika gegee. ‘n Ekonoom wat spesialiseer in Afrika-sake, Tatonga Rusike, sê dit word toegeskryf aan fiskale verbetering en voordele uit grondstowwe. Rusike waarsku egter oor kort-termyn-risiko’s wat die uitkyk mag beïnvloed, soos byvoorbeeld beurtkrag:

Read More

Mexiko ontbind eenheid wat dwelms teiken

Mexiko het ‘n teen-narkotiese eenheid ontbind wat vir ‘n 25 jaar hand aan hand met die Amerikaanse Dwelmtoepassingsadministrasie gewerk het om georganiseerde misdaad te beheer. Die groep was een van die sogenaamde Sensitiewe Ondersoekende-eenhede wat in 15 lande bedrywig is, wat Amerikaanse amptenare as onskatbaar beskou in die aftakeling van smokkelringe en dwelmbase regoor die wêreld. Die eenhede word deur die Amerikaanse dwelm-administrasie opgelei, […]

Read More

Duidelike stappe nodig om rampfonds-korrupsie te bekamp

Die Vryheidsfront Plus sê President Cyril Ramaphosa moet die stappe volledig uiteensit, wat die regering sal neem om korrupsie en bedrog met die ramphulpfondse in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap te voorkom. Ramaphosa het aangekondig die regering bring ‘n oorsigstruktuur op die been om te verseker alle fondse wat aan die ramp toegeken is, word inderdaad […]

Read More

Ekonomiese groei afwaarts aangepas – IMF

Die Internasionale Monetêre Fonds sê Rusland se inval in Oekraïne bedreig wêreldwye finansiële stabiliteit wat reeds deur die Covid-19-pandemie ‘n knou gekry het. Die fonds het sy vooruitsig vir globale ekonomiese groei met byna ‘n volle persentasiepunt gesny. Die IMF se hoofekonoom, Pierre-Olivier Gourinchas, sê die sentrale bank is toenemend onder druk om inflasie met […]

Read More

Die naweek was keerpunt in pandemie vir kus

Terwyl die verkeer redelik stil was oor die Paasnaweek, was kusdorpe baie besig. Die kusgebied het veral gebuk gegaan onder lang inperkings met talle besighede wat staatmaak op toerisme wat gesluit het. Die bekende Swakopmundse sakeman Anton von Wietersheim sê dit kom vir hom voor asof die afgelope langnaweek ‘n draaipunt was in die pandemie.

Read More

Vermeende baba-verkragter borg geweier

Die man wat daarvan beskuldig word dat hy sy babaseun verkrag het, is borg in die Okongo-landdroshof geweier. Die ouderdom van die kleintjie is nou bekend en hy is 19 maande oud. Volgens hoofinspekteur Victor Haludilu, wat die saak ondersoek, is die man in hegtenis geneem na die publiek owerhede ingelig oor waar hy hom bevind. Hy […]

Read More

DRK: Twee besope soldate skiet 15 dood

Twee besope Kongolese soldate het 15 mense doodgeskiet in afsonderlike aanvalle in die oostelike Demokratiese Republiek van die Kongo. Volgens berigte het een “bedwelmde” soldaat agt passasiers doodgemaak en sewe beseer aan boord ‘n boot op die Tanganjika-meer. Burgerlikes is onder die oorledenes. Een soldaat is deur burgerlikes aangeval en  hy is dood aan sy beserings. […]

Read More

Skenk ‘n warm dingetjie aan die DBV, asb

Die koue is op pad en die Dierebeskermingsvereniging reik weer uit na die Namibiese gemeenskap om hulle by te staan. Die DBV verstaan dat verbruikers onder druk is maar, talle diere, wat selfs by die vereniging insluit, moet buite slaap, en kort ‘n warm lê-plekkie. Hanna Rhodin, die DBV se nasionale direkteur het met Kosmos […]

Read More