Sacramento-polisie ondersoek massa-skietery

Meer inligting is bekend oor die massa-skietery in Sacramento, Kalifornië. Ses mense is dood en 12 is beseer. Die stad se polisiehoof, Katherine Lester, het op ‘n nuuskonferensie gesê ‘n groot bakleiery het blykbaar net voor die skietery uitgebreek en hul maak staat op ooggetuies om inligting te bekom.