Staatsrede: Dis wat om te verwag

President Hage Geingob sal Woensdag middag sy staatsrede vir die jaar voor die twee huise van die Nasionale Vergadering lewer. Geen groot aankondigings, van byvoorbeeld verhogings in toelae word verwag nie omdat die heersende ekonomiese toestande dit nie toelaat nie. Daar word wel verwag dat President Geingob melding sal maak van vordering met die groen-waterstof energie projekte vir Namibië en ander doelwitte van sy tweede Harambee-welvaartsplan. Verlede jaar se staatsrede was gekenmerk deur chaos wat uiteindelik die skorsing uit die huis van die twee leiers van die Landless People’s Movement, Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb tot gevolg gehad het. Politieke analis, dr. Ndumba Kamwanyah het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.