Rooi sari verhoed dodelike treinongeluk

‘n Indiër-vrou het ‘n katastrofe afgeweer toe sy haar rooi sari op ‘n treinspoorlyn gewaai het om die drywer van ‘n aankomende trein te waarsku oor ‘n onderbreking in die treinspoor. Die drywer het die kledingstuk raakgesien en die trein met tussen 150 en 200 passasiers net betyds gestop. Die voorval het in Uttar Pradesh plaasgevind. Die vrou, Omvati Devi, sê sy het die stukkende spoorlyn op pad werk toe opgemerk en besef sy sal iets moet doen om ‘n tragedie te verhoed. Sy het aanvanklik die drywer se aanbod vir geldelike vergoeding geweier.