Geen rus vir Brentprys nie

Brent ru-olie het vanoggend weer tot bo 105 Amerikaanse dollar ‘n vat gestyg, as gevolg van kommer oor voorraad. Die verligting wat President Joe Biden se aankondiging oor dye vrystelling van 180 miljoen vate oor die volgende ses maande was van korte duur. Daar is steeds geen teken van ‘n ooreenkoms met Iran nie en die oorlog in Oos-Europa duur onverpoosd voort. Brent het verlede week met 13 persent gedaal aangedryf deur Biden se aankondiging, maar, dit sal nie tekorte aanspreek nie. Brent het in Maart amper 140 dollar per vat bereik, die hoogste vlak sedert Julie 2008  toe dit ‘n rekordprys van 147 dollar ‘n vat bereik het. Op die oomblik verhandel Brent teen net onder 104 dollar ‘n vat.