Vandalisme neem toe, daar is kommer

Toenemende vandalisme veroorsaak baie skade in Namibië. Vrydag was MTC se dienste vir ‘n geruime tyd in die Noorde opgeskort as gevolg van vandalisme en verlede maand, was groot dele van Tsumeb sonder krag, ook as gevolg van vandalisme. Volgens Charlie Matengu, die woordvoerder van Cenored, wat die kragvoorsiening in die sentraal-noorde doen, sien hulle al hoe meer skade aan installasies wat deur reën vererger word… Hy verduidelik…