Kabinet keur 2022-jagseisoen goed

Die Namibiese kabinet het die komende jagseisoen goedgekeur. Vanaf 1 Mei tot 31 Augustus 2022 op bewaringsgebiede en plase groter as 1 000 hektaar met voldoende wildwerende heinings, mag wild gejag word.  Tussen 1 Junie en 31 Julie 2022 op bewaringsgebiede en kommersiële plase groter as 1 000 hektaar en met voldoende omheining soos in […]

Read More

Cabo Delgado nog nie veilig nie

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sê hulle het sukses behaal in die konflik in Mosambiek. Die ontplooiing het na wat berig word resultate opgelewer nadat die magte invallers in die noordelike dele van die land reuse verliese toegedien het. Liesl Louw-Vaudran van die Instituut vir Sekerheidstudies sê egter die situasie is op die oomblik nog onbestendig:

Read More

Boodskappe stroom in vir Ronaldo

Boodskappe van steun stroom in vir Manchester United se Portugese superster, Cristiano Ronaldo, en sy lewensmaat, Georgina Rodriguez, na die dood van hulle pasgebore tweelingseuntjie. Die paar het op sosiale media aangekondig die baba is kort na sy geboorte dood, maar sy sussie is gesond. Ronaldo en Rodriguez het ‘n ouer dogter van vyf, en […]

Read More

Niemand kan sê hoeveel vlugtelinge vanuit Angola hier is nie

Daar is uiteindelik verligting vir owerhede in die Noorde met vlugteling vanuit Angola. Meer as ‘n duisend het verlede jaar heenkome plaaslik gesoek maar die groep is gerepatrieer. Daar was groepe wat teruggekeer het en terwyl dit tans onder beheer is, sê die goewerneur van die Omusati-streek Erginus Endjala, niemand kan sê hoeveel immigrante die […]

Read More

EIF en weerkantoor werk saam

Die Omgewingsbeleggingsfonds het vandag ‘n memorandum van verstandhouding met die Namibiese weerdiens onderteken. Die twee instansies sal saamwerk, veral in verband met langtermyn voorspellings om boere by te staan om beter te beplan. Die fonds se woordvoerder Lot Ndamanomhata…

Read More

UK se bib nog steeds herbou – jaar na brand

Die Universiteit van Kaapstad is steeds besig om sy ikoniese biblioteek te herbou nadat ‘n brand ‘n jaar gelede groot skade aangerig het. Die brand het begin in die omgewing van die Rhodes-gedenkteken en die leeskamer en verskeie waardevolle versamelings verwoes. Die universiteit se direkteur van Biblioteke, Ujala Satgoor, sê twee rampe het die biblioteek […]

Read More

Oekraïne: VN vra Ortodokse skietstilstand

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, Antonio Guterres, vra vir ‘n vier dae lange Ortodokse Paasfees humanitêre skietstilstand in die Oekraïne om voorsiening te maak vir die veilige deurgang van burgerlikes om gebiede van konflik te verlaat, sowel as die lewering van humanitêre hulp. Guterres sê die Verenigde Nasies is besig om planne aan die partye […]

Read More

Delta se driehoek deur Kaapstad verwelkom

Die Stad Kaapstad se ekonomie het ‘n groot hupstoot gekry met die nuus oor die Amerikaanse redery, Delta Airlines, wat uiteindelik die groen lig van die Suid-Afrikaanse regering gekry het om ‘n driehoek-roete tussen Atlanta, Johannesburg en Kaapstad te bedryf. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê al meer internasionale rederye kondig vlugte na […]

Read More

Ministerie reageer op ‘arbeidsaktiviste’

Die Namibiese arbeidsministerie het ‘n verklaring uitgereik waarin hy reageer op sogenaamde aktiviste wat werkgewers oorval en in sommige gevalle dreig. Yanna Smith doen verslag.

Read More

Krokodil-aanvalle kry aandag

Gemeenskappe wat by die Okavango-rivier woon, sal binnekort die begunstigdes wees van ‘n bewusmakingsveldtog wat fokus op krokodilhabitat, en jagstrategieë. Dit volg na voortdurende aanvalle deur krokodille op mense in die twee Kavango-streke. Romeo Muyunda, woordvoerder van die omgewingsministerie, sê die jongste aanval wat oor die naweek plaasgevind het, waar ‘n 13-jarige seun in dood […]

Read More