Radio bly belangrikste nuus bron in Afrika

Navorsing deur Afrobarometer wat in 34 Afrika-lande tussen 2019 en 2021 uitgevoer is, toon dat radio die mees gewilde bron vir nuus is met 68 persent van respondente wat sê hulle gebruik dit ‘n paar keer ‘n week en 45 persent wat sê hulle gebruik dit daagliks. Net minder as 55 persent sê hulle kyk tv-nuus ‘n paar keer ‘n week en ‘n skamele een uit ses persone, oftewel 18 persent sê hulle lees gereeld koerant. In al die ouderdomsgroepe, vanaf 18 tot 65, kom radio tussen 65 en 75 persent voor terwyl dit daal vir sosiale media, televisie, die internet en koerante. Interessant genoeg benut mans meer nuus as vroue, oor al die verskillende bronne.