Dodetal in Kenia styg tot 70 na swaar reënval

Die aantal mense wat in vloede in Kenia dood is weens swaarder as normale reënval sedert die begin van die moeson in Maart, het tot 70 gestyg. Kenia en ander lande in Oos-Afrika is baie kwesbaar vir klimaatsverandering, en is die afgelope ses weke getref deur swaar reënval, wat vererger word deur die El Nino-weerpatroon. […]

Read More

Punjab Kings verbeter SA se T20-rekord

Krieket: Johnny Bairstow het ‘n onoorwonne 100-tal vir Punja Kings gemoker in die suksesvolste lopie-jaagtog in T20-krieket ooit. Hy het Punjab gehelp om Kolkata Knight Riders in die Indiese Premierliga met agt paaltjies te verslaan. Die Engelse ster het nege sesse en agt viere geslaan, 48 balle getrotseer en 108 lopies aangeteken. Dit het Punjab […]

Read More

Brandstofpryse styg weer in Mei

Die ministerie van myne en energie het aangekondig dat die brandstofpryse weer gaan styg in Mei. Dit kom op die hakke van ‘n groot verhoging in April. Petrol styg met 70 sent ‘n liter en beide variante van diesel met 40 sent ‘n liter. Dit tree op Donderdag, 2 Mei in werking. In Walvisbaai sal […]

Read More

Slegs Fase 2-beurtkrag tydens winter, sê Eskom

Oor na Suid-Afrika, waar Eskom aangekondig het hy verwag niks hoër as Fase 2-beurtkrag tydens die wintermaande nie. Die uitvoerende hoof, Dan Marokane, het die wintervooruitsigte vanweë aanlegprestasie beklemtoon. Marokane sê Kusile-eenhede wat weer werk voor skedule en die herstel van onbeplande beurtkragverliese help verder om die fases van beurtkrag te verminder.

Read More

Burkina Faso skort BBC Africa, VOA-uitsendings op

Burkina Faso het die radio-uitsendings van BBC Africa en die VSA-gefinansierde Voice of America vir twee weke opgeskort. Dit is oor hul dekking van ‘n Human Rights Watch-verslag waarin die weermag van buitegeregtelike moorde beskuldig word. Die regte-waghond sê die Burkinabe-weermag het herhaaldelik massa-gruweldade teen burgerlikes gepleeg in die naam van die bekamping van terrorisme, […]

Read More

Bibi steur hom nie aan Internasionale Strafhof

Israeliese premier Benjamin Netanyahu het Vrydag gesê dat enige besluite deur die Internasionale Strafhof nie Israel se optrede sal beïnvloed nie, maar ‘n gevaarlike presedent sal skep wat soldate en openbare figure bedreig. Die hof ondersoek Hamas se aanvalle op 7 Oktober 2023 en Israel se militêre aanval op Gaza. Een van Israel se voorste […]

Read More

Bank van Namibië stel Kitsbetalingsprojek bekend

Die Bank van Namibië het die Kitsbetalingsprojek bekendgestel, ‘n baanbrekersinisiatief om finansiële dienste regoor Namibië te revolusioneer. Met ‘n geteikende amptelike bekendstellingsjaar van 2025, beoog die projek om finansiële insluiting aansienlik te verbreed deur noodsaaklike en bekostigbare finansiële dienste aan almal te verskaf. Die projek het ten doel om ‘n Kitsbetalings-oplossing bekend te stel wat […]

Read More

DA-leier Steenhuisen daag Cyril uit tot debat

Die DA-leier, John Steenhuisen, het president Cyril Ramaphosa uitgedaag tot ‘n voorverkiesingsdebat. Dit kom ná die onthulling van die party se nuwe ekonomiese beleid in Johannesburg. Steenhuisen glo eerlike gesprekke en debatte rakende die land se ekonomie en werkskepping is noodsaaklik. Hy het vertroue uitgespreek in die DA se beleid, en die gereedheid om hierdie […]

Read More

Blinken waarsku China oor nuwe sanksies

Amerika se buitelandse sake-minister, Antony Blinken, het Chinese president Xi Jinping in Beijing gewaarsku dat Amerika en sy Europese bondgenote gereed is om nuwe sanksies op Chinese maatskappye in te stel, indien hulle nie ophou om materiaal en toerusting aan die Russiese wapenbedryf te verskaf nie. Daar was geen onmiddellike reaksie van Xi nie. Blinken […]

Read More

Dubbele beseringsterugslag tref Leeus

Rugby: Twee beserings bring ‘n dubbele terugslag vir die Leeus voor hul Verenigde Rugby Kampioenskap-kragmeting môre teen die verdedigende kampioen, Munster. Die senter, Henco van Wyk, en die heelagter, Quan Horn, is weens beserings nie beskikbaar nie. Die losskakel Jordan Hendrikse sal sy 50ste wedstryd egter as heelagter speel, met Sanele Nohamba wat op losskakel […]

Read More