Ondergrondse Jhb-brand veroorsaak deur kabeldiefstal

City Power het die inspeksie van ondergrondse tonnels voltooi onder die M1 in Johannesburg om die brandskade te bepaal aan die elektrisiteits-infrastruktuur. Die woordvoerder, Isaac Mangena, sê rommelverwydering sal vanoggend begin, as ‘n deurslaggewende stap in die herstel van kragtoevoer, na ‘n wydverspreide onderbreking wat deur ondergrondse brande veroorsaak is. Mangena sê ondersoeke aan 300-meter gesteelde koperkabel het bevestig die brand is veroorsaak deur ‘n gepeuter met kragkabels. Hy sê City Power sal akkurate herstelberamings verskaf nadat die puin verwyder is.