Swiatek vat Madrid Ope

Iga Swiatek het wraak geneem nadat Aryna Sabalenka haar in verlede jaar se Madrid Ope geklop het. Sy het die wêreld se nommer twee-speler die loef afgesteek en haar eerste titel in die Spaanse hoofstad ingepalm na ‘n uitmergelende stryd van drie-uur en elf-minute. Swiatek was in die beslissende stel 1-3 agter en moes drie kampioenskapspunte afweer voor sy met 7-5, 4-6, 7-6 die beker kon lig. Swiatek het haar laaste agt agtereenvolgende eindstryde gewen en sluit aan by Elena Rybakina met 30 oorwinnings dié seisoen.