Punjab Kings verbeter SA se T20-rekord

Krieket: Johnny Bairstow het ‘n onoorwonne 100-tal vir Punja Kings gemoker in die suksesvolste lopie-jaagtog in T20-krieket ooit. Hy het Punjab gehelp om Kolkata Knight Riders in die Indiese Premierliga met agt paaltjies te verslaan. Die Engelse ster het nege sesse en agt viere geslaan, 48 balle getrotseer en 108 lopies aangeteken. Dit het Punjab gehelp om Kolkata se 261 vir ses op Eden Gardens verby te steek met nog agt balle oor. Punjab se vertoning het die vorige rekord van Suid-Afrika van 259 teen Wes-Indië op Centurion in 2023 oortref.