Brandstofpryse styg weer in Mei

Die ministerie van myne en energie het aangekondig dat die brandstofpryse weer gaan styg in Mei. Dit kom op die hakke van ‘n groot verhoging in April. Petrol styg met 70 sent ‘n liter en beide variante van diesel met 40 sent ‘n liter. Dit tree op Donderdag, 2 Mei in werking. In Walvisbaai sal die petrolprys dan 23 Namibiese dollar per liter wees, 22 dollar 17 sent per liter vir diesel 50 dpm en 22 dollar 37 sent vir diesel 10 dpm per liter. Die ministerie se petroleum-ekonoom Salome Ngoshi verduidelik wat die verhoging genoodsaak het.