Oorskot in Mexiko waarskynlik die van drie branderplankryers

Drie liggame wat in ‘n skag op ‘n krans in Mexiko se misdaadgeteisterde Baja California-staat gevind is, is heel waarskynlik dié van twee Australiese broers en ‘n Amerikaner wat tydens ‘n branderplankry-vakansie verdwyn het. Die liggame is in ‘n gevorderde toestand van ontbinding maar owerhede sê gegewe hul kleredrag en sekere eienskappe soos lang hare en spesifieke fisiese beskrywings, is daar ‘n groot waarskynlikheid dat die liggame dié van die drie vermiste mans is. Owerhede sê dit wil voorkom asof die sterftes die gevolg is van ‘n poging om die toeriste se bakkie te steel. Die voertuig wat verbrand is, is naby die toneel gevind.