Piramide-raaisel dalk opgelos

Wetenskaplikes glo dat hulle moontlik die raaisel opgelos het van hoe 31 piramides, insluitend die wêreldbekende Giza-kompleks, meer as 4 000 jaar gelede in Egipte gebou is. Die grootste raaisel was altyd hoe die Egiptenare die reuse blokke tot op die terrein gekry het en daar is altyd geglo ‘n waterweg moes gebruik gewees het. […]

Read More

Netumbo spreek kommer uit oor migrasie na stede, dorpe

Visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah het migrasie van landelike na stedelike gebiede uitgelig as een van Namibië se grootste uitdagings. Daar word reeds jare lank ‘n beroep op die Swapo-regering gedoen om te desentraliseer en insentiewe aan te bied vir maatskappye om in die gebiede bedrywighede daar te stel maar, tot op hede, is Windhoek, die kusgebied […]

Read More

40 koöperasies geskors vir berging van kakao

Owerhede in die Ivoorkus het sowat 40 koöperasies geskors wat hulle vermoed kakaobone onwettig opgaar om dit teen ‘n hoër prys te verkoop aan uitvoerders wat sukkel om hul kontrakte na te kom. Daar is tekorte aan kakaobone weens klimaatsverandering. Geskorste koöperasies en onafhanklike kopers het sedert die begin van die middel-oes vroeg in April […]

Read More

Kharkiv aangeval na Putin sê hulle wil nie stad oorneem nie

Russiese geleide missiele het minstens drie mense gedood en 28 beseer in die noordoostelike Oekraïense stad Kharkiv. Daar word berig, Oekraïne se tweede grootste stad en die omliggende gebied is lank reeds die teiken van Russiese aanvalle. Dit het die afgelope paar maande meer intens geword en burgerlikes en energie-infrastruktuur getref. Die president van Oekraïne […]

Read More

Tiger pak sy tas na rampspoedige PGA-poging

Met ‘n rampspoedige ses-oor-syfer 77 in die tweede ronde van die PGA-kampioenskap, het die 15-malige major-wenner Tiger Woods nie die geprojekteerde afsnypunt in Louisville, Kentucky, gehaal nie. Dit was sy eerste toernooi na die Meesters. Volgens Reuters was dit die jongste terugslag vir die voormalige wêreld nommer een-speler, wat min meegeding het na ‘n aaklige […]

Read More

Fishrot: Regter sê volgende week oor verlof tot appèl

Hoërhofregter Moses Chinhengo sal op 24 Mei sy beslissing lewer in die aansoek deur Fishrot-beskuldigde Nigel van Wyk vir verlof tot appèl. Van Wyk eis dat Chinhengo onttrek as regter in die saak wat in April geweier is en dus, die appèl teen daardie beslissing. Sy aandrang om voort te gaan met pleitverrigtinge, ten spyte […]

Read More

Bek-en-klouseer: Regering te stadig in Oos-Kaap

Die DA sê die Departement van Landbou is traag om te reageer op die bek-en-klouseer-uitbreking in die Oos-Kaap, ‘n sleutel-beesvleis-vervaardigingstreek waar hoë werkloosheid ‘n probleem is. Die party sê ondanks die feit dat die siekte onder staatsbeheer val, is maatreëls wat deur plaaslike landbouliggame voorgestel is om dierebeweging te beheer, afgewys. Die DA -lid, Noko […]

Read More

Trump beraam plan om justisie se onafhanklikheid te beperk

Reuters berig dat van Donald Trump se bondgenote besig is om voorstelle saam te stel om die departement van justisie se onafhanklikheid te beperk en dit bemagtig om die koserwatiewe agenda te bevorder. Sou dit suksesvol wees, kan dit een van die grootste aksies van ‘n tweede Trump-presidentskap verteenwoordig, gegewe die departement van justisie se […]

Read More

F1: Leclerc kom eerste in oefensessie, Verstappen sukkel

Charles Leclerc was Vrydag die vinnigste in sy opgradeerde Ferrari in die oefensessie vir die Italiaanse span se tuis Emilia Romagna Grand Prix. Red Bull se Formule Een-voorloper Max Verstappen het egter gesukkel. Leclerc het beide sessies gewen op Imola se Enzo and Dino Ferrari-baan. Oscar Piastri van McLaren was die naaste aan Leclerc in […]

Read More

Copps 94.1: Haweloses raak handgemeen

Dit was weer ‘n woelige aand op Copps 94.1 met teistering deur haweloses, ‘n lapa-brand en selfs ‘n man wat in ‘n vuur geval het. Francois Lottering het die Stadspolisie vergesel en doen verslag.

Read More