Kommissie betaal boetes oor aan regering

Die Mededingingskommissie het tussen 1 Augustus 2022 en 31 Desember 2023 geldelike boetes ten bedrae van 13,1 miljoen Namibiese dollar ingesamel van entiteite wat die mededingingswet oortree het. Die kommissie sê ingvolge sy verpligtinge is die fondse oorgedra na die staatsinkomstefonds. Die boetes wat betaal is spruit uit ondersoeke na samesweringspraktyke tussen verskeie versekeringsmaatskappye met betrekking tot paneelklopdienste en beperkende ooreenkomste tussen verskeie versekeringsmaatskappye en voorruit kleinhandelaars.