Bibi steur hom nie aan Internasionale Strafhof

Israeliese premier Benjamin Netanyahu het Vrydag gesê dat enige besluite deur die Internasionale Strafhof nie Israel se optrede sal beïnvloed nie, maar ‘n gevaarlike presedent sal skep wat soldate en openbare figure bedreig. Die hof ondersoek Hamas se aanvalle op 7 Oktober 2023 en Israel se militêre aanval op Gaza. Een van Israel se voorste televisienuuskanale, Channel 12, het verlede week berig dat Israel toenemend bekommerd is oor die moontlikheid dat die Strafhof arrestasie-lasbriewe teen Netanyahu en ander top-amptenare sal uitreik vir beweerde oortredings van internasionale reg in Gaza.