Boulter hoor vandag oor vervolging

Uitspraak in die saak waar die Britse sakeman en moord beskuldigde, Harvey Boulter, poog om die beslissing van die aanklaer-generaal Martha Imalwa vir sy vervolging te hersien word vanoggend om tien-uur verwag. Regter Herman Oosthuizen het reeds in Januarie hoofbetoë aangehoor. Boulter word van die moord beskuldig op sy plaasbestuurder Gerhard van Wyk ná ‘n […]

Read More

Guterres eis vrylating van Gaza-gyselaars

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê ʼn volskaalse aanval op Rafah in Gaza sal katastrofies wees omdat niks die gesamentlike straf van Palestyne regverdig nie. Sowat 600 000 mense, of ʼn kwart van Gaza se bevolking, het die afgelope week uit Rafah gevlug. Dit volg te midde van voortgesette Israelse militêre optrede. Guterres […]

Read More

Man, 71, aangekla van poging tot moord op Fico

ʼn Man is aangekla van die poging tot moord op die Slowaakse eerste minister, Robert Fico. Hy is Woensdag vyf keer geskiet in wat beskryf word as ʼn polities gemotiveerde sluipmoordaanval. Die Ministerie van Binnelandse Sake sê die 71-jarige verdagte het alleen opgetree en het voorheen deelgeneem aan betogings teen die regering. Fico is in […]

Read More

Atletiek Suid-Afrika loop deur oor Caster

Die Kommissie vir Geslagsgelykheid steun die tweemalige Olimpiese kampioen Caster Semenya se stryd teen testosteroonregulasies by die Europese Hof vir Menseregte en beskou dit as ‘n vorm van marteling, rassisme en geslagsdiskriminasie. Hy betoog Semenya se behandeling skend haar persoonlike privaatheid, waardigheid en menseregte. Die voorsitter van die kommissie, Nthabiseng Sepanya-Mogale kritiseer ook Atletiek Suid-Afrika […]

Read More

Brockerhoff terug in die hof vandag

Die vermeende stroper Derick Brockerhoff en sy makker Markus Rooinasie kom na verwagting weer vanoggend in die Windhoek-landdroshof voor. Die twee is op 11 April met ‘n koedoe en gemsbok karkas oos van Windhoek gevang. Hulle het op 15 April verskyn en landdros Monica Andjaba het borg geweier. Met sy arrestasie het die boeregemeenskap saam […]

Read More

NamRA oorskry sy invoerderingsteiken

NamRA sê hy het 10,4 miljard Namibiese dollar aan belasting uitbetalings aan die einde van die 2023-2024-boekjaar bestee. Die agentskap sê hy het 86,9 miljard dollar se inkomste ingesamel, ‘n 107,6 persent prestasie van die 71,1 miljard dollar teiken wat vir die boekjaar gestel is. Na uitbetalings het die agentskap 76,5 miljard dollar se inkomste […]

Read More

Israel skend internasionale reg

Suid-Afrika het die Internasionale Geregshof in Den Haag versoek om Israel te beveel om onmiddellik sy militêre magte in Rafah te onttrek en sy offensief te staak as deel van bykomende voorlopige noodmaatreëls. Israel se prokureurs sal na verwagting vanoggend reageer. In haar vertoë voer die Suid-Afrikaanse advokaat, Adila Hassim, aan dat Israel se optrede […]

Read More

Dis Swiatek teen Sabalenka in Italië

Die wêreld-nommer-een Iga Swiatek kom in die Italiaanse Ope se eindstryd teen nommer twee, Aryna Sabalenka, te staan. Die 22-jarige Pool het die Amerikaner Coco Gauff met 6-4 en 6-3 verslaan, terwyl die Belarus ʼn ander Amerikaner, Danielle Collins, met 7-5 en 6-2 geklop het. In die mansafdeling het die Chileen Nicolas Jarry die sewende […]

Read More

Droogte en mens-dier konflik… so lyk sake

Die drie leeus wat in die weste van die Kavango-Oos-streek rondloop is vroeg Woensdagaand by Kakurukadi-dorpie in die George Mukoya-bewaar-area gesien, net noord van die Khaudum Nasionale Park. Hulle het reeds ‘n kalf en ‘n bok by twee verskillende dorpies gevang. Dit is die derde groep leeus in die noordooste van die land wat in […]

Read More

Dalk goeie nuus vir brandstofprys vir Junie

Petrol- en dieselpryse is tans op koers vir verlagings aan die begin van Junie. Die jongste skatting van die Sentrale Energiefonds in Suid-Afrika toon dat die prys van 95 loodvrye petrol met sowat 62c per liter kan daal, terwyl die groothandelprys van diesel met tussen 74c en 77c kan sak. Suid-Afrikaanse en Namibiese brandstofpryse word […]

Read More