Duitse duikers stel nuwe rekord op in Harasib-grot

‘n Nuwe rekord-diepte is in die Harasib-grot naby Tsumeb geduik. Dantica Diving Adventures het ‘n span Duitse duikers bygestaan en hulle het ‘n diepte van 178 meter bereik na sewe ure. Chris Steenkamp van Dantica het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Vakbonde ontstoke oor brandstofverhogings

Die Suid-Afrikaanse vakbond Giwusa sê hy is uiters bekommerd oor, en is gekant teen, die meedoënlose styging in brandstofpryse. Hy sê die reuse stygings gaan die werkersklas in ellende en armoede dompel. Giwusa se president, Mametlwe Sebei, glo die ware dryfveer agter die stygings is korporatiewe winsmakery en nié die oorlog in Oekraïne nie. Sebei […]

Read More

Namibiese regering sal munt slaan uit olie – Alweendo

Die Namibiese minister van myne en energie, Tom Alweendo sê Namibië sal 55 persent van alle inkomste wat uit olie gegenereer word deur belasting inwin. Volgens navorsing deur Cirrus, het Namibië die potensiaal om in die komende dekade meer as 500 miljard Namibiese dollar se inkomste te genereer deur belasting en tantième van die oliesektor. Alweendo sê daar sal ook bykomende inkomste […]

Read More

Beurtkrag duur voort, herstel sal weke neem

Eskom sê beurtkrag sal vir die res van die week voortduur, ten spyte van sommige opwekkingseenhede wat die afgelope paar dae weer in gebruik geneem is. Die kragvoorsiener se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê dit sal nog ‘n paar weke neem vir die kragopwekkingstelsel om ten volle te herstel tot die vlakke voor die staking. Hy […]

Read More

Opul-baas sterf

Die sekretaris-generaal van Opul, Mohammad Barkindo, is dood op die ouderdom van 63. Die hoof van Nigerië se petroleum-maatskappy Mele Kyari het sy afsterwe bevestig en sê dit is ‘n groot verlies vir die bedryf. Barkindo sou aan die einde van die maand na ses jaar afgetree het. Volgens Kyari is Barkindo etlike ure na ‘n vergadering met Nigeriese President Muhammadu Buhari en die hooftoespraak by ‘n energieberaad in Abuja gelewer […]

Read More

Warriors speel môre eerste COSAFA-wedstryd

Die Brave Warriors is in Suid-Afrika en speel in die COSAFA-bekertoernooi. Namibië speel môremiddag om twee-uur teen Madagaskar in die kwarteindronde by die ikoniese Moses Mabhida-stadion in Durban. Die Brave Warrriors-afrigter, Collin Benjamin, het vertroue in sy meestal jong spelers en sommige ervare spelers soos Absalom Iimbondi en Elmo Kambindu. Plaaslike sokker-afrigter Thimo Tjongarero sê […]

Read More

Tshwane hef R1 miljoen se boetes op wanbetalers, onwettige verbindings

Die Stad Tshwane sê sedert hulle twee weke terug ‘n veldtog hervat het om inkomste in te vorder, het hulle wel sukses behaal. Die stad was suksesvol om kliënte te verwyder wat hulle krag onwettig aangesluit het, nadat dit weens wanbetaling van hulle munisipale rekenings, afgesluit is. Die stad se woordvoerder, Selby Bokaba, sê 13 […]

Read More

Taxi-base werk aan plan met voortdurende brandstof-stygings

Met die voortdurende styging van brandstofpryse in Namibië is openbare vervoerders in die knyp. Verskeie openbare vervoerders meen dat hul vakbonde ‘n verhoging in hul tariewe moet versoek. Pendapala Nakathingo, sekretaris-generaal van die Namibiese Bus- en Taxivereniging, NABTA, sê hulle betrek tans hul belanghebbendes om aan ‘n program te werk wat beide die openbare vervoerder […]

Read More

ANC sal beleid van kaderontplooiing ‘hersien’

Die ANC se nasionale uitvoerende komitee het onderneem om sy beleid van kaderontplooiing te hersien. Hoofregter Raymond Zondo het in die laaste deel van die staatskapingsverslag bevind die beleid is in stryd met sekere dele van die Grondwet en die Staatsdienswet, aangesien dit diskrimineer teen kandidate wat nie deur die party verkies word nie. Die DA het verlede maand […]

Read More

VN sê daar’s reeds 28 gevalle van seksuele geweld wat met Oekraïnse oorlog verband hou

Die Verenigde Nasies se Hoё Kommissaris vir Menseregte, Michelle Bachelet, sê haar kantoor het 28 gevalle van seksuele geweld, wat met die konflik in Oekraïne verbind kan word, geverifieer. Dit sluit in gevalle van verkragting, marteling, ontkleding onder dwang en dreigemente van seksuele geweld. Die meeste gevalle het voorgekom in gebiede wat deur Russiese gewapende magte beheer word. […]

Read More