ANC sal beleid van kaderontplooiing ‘hersien’

Die ANC se nasionale uitvoerende komitee het onderneem om sy beleid van kaderontplooiing te hersien. Hoofregter Raymond Zondo het in die laaste deel van die staatskapingsverslag bevind die beleid is in stryd met sekere dele van die Grondwet en die Staatsdienswet, aangesien dit diskrimineer teen kandidate wat nie deur die party verkies word nie. Die DA het verlede maand ʼn aansoek by die Gautengse Hooggeregshof in Pretoria ingedien om die beleid as ongrondwetlik en onwettig te verklaar. Die NUK sê hy sal aanbevelings maak ten opsigte van sy besluit om die beleid te hersien.