Beurtkrag duur voort, herstel sal weke neem

Eskom sê beurtkrag sal vir die res van die week voortduur, ten spyte van sommige opwekkingseenhede wat die afgelope paar dae weer in gebruik geneem is. Die kragvoorsiener se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê dit sal nog ‘n paar weke neem vir die kragopwekkingstelsel om ten volle te herstel tot die vlakke voor die staking. Hy sê in die lig van die tekort aan opwekkingskapasiteit sal beurtkrag dus steeds op verskillende vlakke tussen fase vyf en fase twee geïmplementeer word: