Vakbonde ontstoke oor brandstofverhogings

Die Suid-Afrikaanse vakbond Giwusa sê hy is uiters bekommerd oor, en is gekant teen, die meedoënlose styging in brandstofpryse. Hy sê die reuse stygings gaan die werkersklas in ellende en armoede dompel. Giwusa se president, Mametlwe Sebei, glo die ware dryfveer agter die stygings is korporatiewe winsmakery en nié die oorlog in Oekraïne nie. Sebei voeg by hulle sal hulle beywer vir ‘n nasionale dag van optrede teen energie-prysstygings en die stygende lewenskoste: