Taxi-base werk aan plan met voortdurende brandstof-stygings

Met die voortdurende styging van brandstofpryse in Namibië is openbare vervoerders in die knyp. Verskeie openbare vervoerders meen dat hul vakbonde ‘n verhoging in hul tariewe moet versoek. Pendapala Nakathingo, sekretaris-generaal van die Namibiese Bus- en Taxivereniging, NABTA, sê hulle betrek tans hul belanghebbendes om aan ‘n program te werk wat beide die openbare vervoerder en hul passasiers sal bevoordeel.

Nakathingo verduidelik hoe die program taxibestuurders en hul passasiers sal help.