Namibiese regering sal munt slaan uit olie – Alweendo

Die Namibiese minister van myne en energie, Tom Alweendo sê Namibië sal 55 persent van alle inkomste wat uit olie gegenereer word deur belasting inwin. Volgens navorsing deur Cirrus, het Namibië die potensiaal om in die komende dekade meer as 500 miljard Namibiese dollar se inkomste te genereer deur belasting en tantième van die oliesektor. Alweendo sê daar sal ook bykomende inkomste wees uit Namcor se 10 persent belang in die bedrywe. Nog ‘n ekonomiese impak sal wees deur waardetoevoeging en ander sektore wat binne die olie- en gassektor kan ontstaan. Alweendo sê daardie waarde sal kom uit die ingenieursdienste wat aan die maatskappye verskaf moet word, sowel as dienste soos vervoer, spyseniering en meer.