Warriors speel môre eerste COSAFA-wedstryd

Die Brave Warriors is in Suid-Afrika en speel in die COSAFA-bekertoernooi. Namibië speel môremiddag om twee-uur teen Madagaskar in die kwarteindronde by die ikoniese Moses Mabhida-stadion in Durban. Die Brave Warrriors-afrigter, Collin Benjamin, het vertroue in sy meestal jong spelers en sommige ervare spelers soos Absalom Iimbondi en Elmo Kambindu. Plaaslike sokker-afrigter Thimo Tjongarero sê dit is die tyd vir hierdie jong sterre om hul waarde te bewys.