Voermeester se vroulike pluimveeboer is van die Noorde

Ndasilohenda Katangolo-Nakashwa is as Voermeester se Vroulike Boer van die Jaar in die pluimvee-afdeling aangewys. Sy boer sowat 25 kilometer wes van Oshakati in die Omusimboti-nedersetting. Sy het in 2017 met 50 kuikens begin boer nadat sy opleiding in pluimveeboerdery by Nust ontvang het. Sy vertel haar suksesverhaal aan Kosmos 94.1 Nuus.

Read More

Mineraleraad van SA: Myne moet afhanklikheid van Eskom verminder

Die Mineraleraad van Suid-Afrika sê myn-ondernemings poog om hul afhanklikheid van Eskom te verminder weens die voortdurende kragonderbrekings. Volgens die raad hang die lewens van byna 200 000 werkers ondergronds af van die beskikbaarheid van krag. Die raad se tegnologie-ontleder, Christian Teffo, sê myn-ondernemings ontwikkel 75 selfopwekkings-projekte om ‘n mate van druk van die netwerk […]

Read More

Prins Harry gaan VN op Nelson Mandeladag-vieringe toespreek 

Prins Harry gaan die Verenigde Nasies Maandag in New York as deel van die Nelson Mandeladag-vieringe toespreek. Vanjaar se Nelson Mandeladag-slagspreuk is “Doen wat jy kan, met wat juy het, waar jy is”. Harry en sy vrou Meghan Markle, hertogin van Sussex, is volgens mediaberigte gretig om wyle oudpresident Mandela te vereer, sedert hulle sy […]

Read More

Inentings teen longsiekte ‘onder beheer’

Die Namibiese landbouministerie sê hy vorder met inentings teen longsiete wat in die Ohangwena-streek uitgebreek het. Die siekte is hoogs aansteeklik en versoorsaak vrektes in 50 persent van kudde wat dit opgedoen het. Volgens dr. Albertina Shilongo, die hoof veeartsenybeampte in die ministerie, is dinge onder beheer. 

Read More

Aap-pokke: Suid-Afrikaners met simptome moet hospitaal besoek

Die Suid-Afrikaanse kabinet het mense met simptome van aap-pokke, soos koors gevolg deur ‘n uitslag met blase, aangeraai om hul naaste hospitaal te besoek. Dit volg nadat die gesondheidsdepartement in Limpopo ‘n geval van die siekte by ‘n 42-jarige manlike toeris van Switserland bevestig het. Dit is die derde geval in die land. Die LUR, Phophi Ramathuba, […]

Read More

Thailand kyk na chemiese kastrasie vir seksmisdade

Thailand is naby aan die goedkeuring van chemiese kastrasie as ‘n manier om seksmisdade in die land aan te pak nadat wetgewers ‘n wetsontwerp goedgekeur het wat sommige oortreders die reg sal gee om die prosedure te kies in ruil vir ‘n verminderde tronkstraf. Van 16 413 veroordeelde seksoortreders wat tussen 2013 en 2020 uit Thaise tronke […]

Read More

Rehoboth Mommies in Need ontvang broodnodige ondersteuning

‘n Rehoboth-gebaseerde liefdadigheidsorganisasie, Rehoboth Mommies In Need, wat omsien na behoeftige kinders en vroue, het ‘n groot borgskap vanoggend in die hoofstad onvang, soos die stigter van Rehoboth Mommies In Need, Elodine Cloete verduidelik …  

Read More

Huispryse daal in Suid-Afrika

FNB in Suid-Afrika het sy huisprysindeks vir Junie bekend gemaak. ‘n Daling is aangeteken met die gemiddelde prys wat met 3,3 persent gegroei het teenoor 3,8 persent in Mei-maand. Vraag het gedaal in die buurland namate ekonomiese druk toeneem en rentekoerse styg, soos Koketso Mano, ‘n FNB-ekonoom verduidelik.

Read More

Vakbondlede juig oor moontlike polisie-verhoging

Reaksie word ontvang op berigte dat die Namibiese minister van veiligheid en sekuriteit dr. Albert Kawana meen dat hy geskok is oor hoe min lede van die polisie verdien, veral diegene wat onder die rang van hoofinspekteur val. Die mag se hoof, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga het volgens berigte reeds ‘n versoek in die verband ingedien. […]

Read More

Voertuigverkope sal nog ‘n geruime tyd onder druk bly

Ekonome meen dat die verkope van nuwe voertuie onder druk sal bly. Die jongste syfers toon dat daar wel ‘n verbetering in Junie was maar, dat die totale verkope in die afgelope ses maande die laagste sedert dieselfde tydperk in 2009 is, sou die twee Covid-jare, 2021 en 2020, verwyder word. Robert McGregor sê daar […]

Read More