Reuse-stryd tussen Liverpool en Manchester United verwag

Sokker: Een van die grootste kragmetings in Engelse sokker is Liverpool teen Manchester United. Die twee reuse ontmoet mekaar Maandag ná albei klubs ‘n moeilike paar weke agter die rug het. Erik ten Hag staar die swakste begin van enige United-bestuurder vir langer as 100 jaar in die gesig, aangesien hulle aan die onderpunt van […]

Read More

NamRa lê invoer-verliese voor die deur van klaringsagentskappe

Volgens die kommissaris van die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRa, Sam Shivute, is 63 persent van goedere wat in die land ingevoer word vir handelsdoeleindes, onderwaardeer, verkeerd geklassifiseer of nie verklaar nie. Hy sê daar is groot verliese vir die staat en het bevestig dat ‘n besending denims was verklaar op ‘n waarde van 20 sent per […]

Read More

Windhoek Stadspolisie trek drie vas oor reeks rooftogte

Die Windhoek Stadspolisie het ‘n taxi onderskep in verband met ‘n reeks rooftogte in die hoofstad, waarin sewe mense al slagoffers was. Die taxi het die identifikasienommer, Big Taxi Number, verander en klante – meestal vroue – opgelaai en hulle met messe gedreig en beroof. Drie verdagtes is in hegtenis geneem en hulle sal Maandag […]

Read More

Kinderhandel-saak tot Oktober uitgestel

Regter Claudia Claasen het die saak van die Russiese burger Alexander Krylov en Namibiër Katerina Engelbrecht in die Windhoekse hoërhof uitgestel. Hulle het vandag verskyn vir finale betoë voor uitspraak en staan tereg op verskeie klagte van verkragting van minderjariges en kinderhandel. Regter Claasen het die saak tot 17 Oktober uitgestel, aangesien die hofrekords nog […]

Read More

Namibiese gesondheidsministerie: Aappokke-enstof nog nie nodig

Net soos in Suid-Afrika, is geen aappokke-entstof in Namibië geregistreer nie. Die Suid-Afrikaanse gesondheidsminister, Joe Phaahla, sê daar is op die oomblik geen aappokke-entstof wat in Suid-Afrika nie. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het die virus onlangs tot openbare noodtoestand verklaar nadat 35 000 gevalle in 92 lande aangemeld is. Die uitvoerend direkteure in die Namibiese gesondheidsministerie, Ben […]

Read More

Toename in honde-brusellose in SA

Hondetelers in Suid-Afrika word gewaarsku oor ‘n toename in honde-brusellose. Volgens Kurt de Cramer, ‘n veearts by die Rant-en-Dal-dierehospitaal in Krugersdorp, Gauteng, is honde-brusellose ‘n siekte wat tussen spesies oordraagbaar is en wat veroorsaak word deur bakterieë wat die vrugbaarheid kan bedreig van honde wat in Suid-Afrika geteel word. De Cramer sê besmette diere moet […]

Read More

DA: Gordhan en De Ruyter moet sê oor Eskom se energieplan 

Die DA doen ‘n beroep op die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, en die uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, om voor die portefeuljekomitee oor openbare ondernemings te verskyn oor die agteruitgang in Eskom se energieplan. Die party se woordvoerder, Ghaleb Cachalia, vra die komitee om in te tree en die uitvoerende gesag […]

Read More

Groot Aub-inwoners eis krag

Inwoners van Groot Aub in die Windhoekse landelike gebied het ‘n betoging gehou wat vir elektrisiteitsdienste in sommige dele van die nedersetting eis. Die inwoners, wat nou al vyf jaar lank die installering van elektrisiteit versoek, sê hulle wil krag direk vanaf NamPower gekoppel hê, en nie deur die Stad Windhoek met sy hoë heffings […]

Read More

Soektog na liggaam van seun in Kavangorivier is afgelas

Die soektog na die liggaam van ‘n 15-jarige seun wat Dinsdag by Sinzo-goro-nedersetting glo deur ‘n seekoei in die Kavangorivier aangeval is, sal vandag gestaak word. Kavango-Wes-polisie se streeksbevelvoerder, kommissaris Julia Sakuwa-Neo, sê die soektogpogings was tevergeefs aangesien die liggaam van Frans Ngongo nog nie gevind is nie. Die woordvoerder van die omgewingsministerie, Romeo Muyunda, sê […]

Read More

SA het weer ‘n donker naweek weens beurtkrag

Eskom sê hoewel beurtkrag Donderdag opgeskort is, is daar ‘n moontlikheid van fase 2-beurtkrag vandag nou vanaf vier-uur tot middernag. Eskom sê beurtkrag kan ook oor die naweek oor die aand-piektye ingestel word. Die woordvoerder Sikonathi Mantshantsha sê daar is ‘n tekort aan opwekkingsvermoë weens foute en vertragings om sommige opwekkingseenhede weer in diens te […]

Read More