Plaaslike held vir internasionale toekenning genomineer

’n Plaaslike held ding mee om ‘n internasionale toekenning na aanleiding van sy wonderlike werk wat hy in plaaslike gemeenskappe doen. Samuel Kapepo, wat ‘n sopkombuis vir kinders in Freedomland en die omliggende gebiede in Katutura bestuur, is genomineer as die beste humanitêre verteenwoordiger wat Namibië by die Zambiese Zikomo-toekennings 2022 verteenwoordig. Die Zikomo-toekennings is […]

Read More

Kommer oor ongeïdentiseerde siekte in Argentinië

Vier mense in Argentinië is reeds dood en sowat ses is siek weens ‘n ”ongeïdentifiseerde” siekte, sê Argentynse owerhede. Die Wêreld-gesondheidsorganisasie sê hy monitor die situasie. Die Argentynse ministerie van openbare gesondheid het in ‘n verklaring gesê dat ‘n uitbreking van dubbele longontsteking by ses pasiënte geïdentifiseer is, sonder dat hulle die oorsprong en etiologie […]

Read More

Gaan kyk nou Namakwaland se blommeprag

Namakwa Toerisme nooi toeriste om Namakwaland in die Noord-Kaap te besoek aangesien Suid-Afrika se lenteveld-blomme amptelik in volle blom is. Die blomme is ‘n trekpleister vir besoekers wat van heinde en ver kom om die blommeprag-bonanza in Augustus en September te besigtig. Die bestuurder van Namakwa Toerisme, Pearl Heyn, sê hulle verwag baie toeriste regdeur […]

Read More

VSA vlootvaartuig besoek weer Walvisbaaise hawe

Die Amerikaanse Lewis B. Puller-vlootvaartuig, die USS Hershel “Woody” Williams, is op ‘n hawe-besoek in Walvisbaai. Die Hershel “Woody” Williams is die eerste Amerikaanse vlootvaartuig wat aan die verantwoordelikheidsgebied van die VSA se Afrika-bevel toegewys is. Die Chargé d’Affaires van die Amerikaanse ambassade in Namibië, Jessica Long, het die skip en sy bemanning verwelkom. Die […]

Read More

Benoemingsproses vir 55ste ANC-konferensie open Donderdag

ANC-president Cyril Ramaphosa sê die benoemingsproses vir die komende 55ste nasionale verkiesingskonferensie in Desember sal verseker dat wettige leiers verkies word om in die party te dien. Ramaphosa het tydens die Letsema-veldtog in Delmas, Mpumalanga, gesê die party verwag geen vorm van ontwrigting of geweld nie. Benoemings vir die NUK open Donderdag. Wat die Letsema-veldtog […]

Read More

Amerikaner aangekla wat met vliegtuig in Wallmart wou vasvlieg

Die vlieënier van ‘n klein vliegtuig wat gedreig het om dit in ‘n Walmart-winkel in Mississippi in die VSA neer te stort, het sonder enige beserings geland. Die polisie-departement in Tupelo, Mississippi, het vroeër gesê hulle het direk met die vlieënier gepraat en die Walmart en vulstasie ontruim. John Quaka, die polisiehoof van Tupelo, het […]

Read More

Namibiese leerders kan inskryf vir Besigheidsbytjie-entrepreneurskompetisie

AfriForum bied weer vanjaar hul Besigheidbytjies-entrepreneurskompetisie. Dié aanlyn kompetisie het intussen uitgebrei deur voorsiening te maak vir hoërskool-leerders, bekend as Juniorpreneurs, wat ’n passie en kop het vir besigheid. Hierdie jaar spog die Besigheidbytjies-entrepreneurskompetisie met twee splinternuwe kategorieë, naamlik die AfriForum Wêreldwyd-kategorie en die Saai-kategorie. Sandri Olivier van AfriForum sê aan Kosmos 94.1 Nuus die […]

Read More

Landelike inwoners kan aansoek doen vir lenings vir sonkragstelsels

Die Namibiese ministerie van myne en energie en die Solar Revolving Fund doen ‘n beroep op alle landelike lae-inkomste individue, kleinskaalse boere en mikro-handelaars om aansoek te doen vir die lae-rente-lenings vir sonkrag-stelsels vir hul eie gebruik. Die inisiatief ‘Green People’s Energy for Africa’ is deel van die Marshall-plan met Afrika en het ten doel […]

Read More

Saftu dreig om te staak na verhoging van 3% verwerp is

Staatsamptenare wat lid is van die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde dreig om te staak nadat hulle ‘n loonverhoging van drie persent verwerp het. Saftu, asook die Suid-Afrikaanse Polisie-unie en die Nasionale Unie vir die Staatsdiens en Verwante Werkers, dring aan op ‘n verhoging van agt persent. Die vakbonde wys ook die aanbod van ‘n nie-pensioendraende […]

Read More

Al-Shabaab-aanval: 18 dood in Somalië

Al-Shabaab het ten minste 18 mense doodgemaak en vragmotors met noodvoedsel vernietig in ‘n aanval in Somalië se sentrale streek. Die Islamitiese groep het die aanval in die Hiran-gebied in die semi-outonome staat Hirshabelle in sentraal-Somalië geloods. Die vragmotors het voedselvoorraad van die Stad Baladweyne na Mahas vervoer. Volgens die staatsnuusagentskap het Al-Shabaab vragmotors verbrand wat […]

Read More